logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo
star Bookmark: Tag Tag Tag Tag Tag
South Africa

Dameskring gaan van krag tot krag

MBOMBELA – Die Dameskring se Mpumalanga-tak het vanjaar hul gebiedskonferensie vir Mpumalanga by die prentjiemooi Paradors aangebied. Die damesdag is Saterdag onder die tema van “vreesloos vrou” gehou. Elke streek hou elke twee jaar so ‘n gebiedskonferensie om die Dameskring aan moontlike nuwe lede bekend te stel.

Marelize Schuld en Hetta Nel.

Almal is welkom, van 18 tot 188 jaar oud, verduidelik Thea Janse van Rensburg, uitvoerende bestuurslid vir Mpumalanga. Die dag het gewys daar is inderdaad ‘n wye spektrum van ouderdomme onder die lede. Die Dameskring het ten doel om Afrikaanse Christenvroue te bemagtig en te inspireer om positiewe verskilmakers te wees om die land te bou.

Dit is 53 jaar gelede in Nelspruit gestig en het van hier uitgekring om vandag landwyd met takke te spog. In Mpumalanga is daar, buiten die Mbombela-tak (Eersteling onder leiding van Hetta Nel) en Witrivier (Koraal onder Marelize Schuld), die afgelope jaar ‘n nuwe tak in eMalahleni (Witbank) gestig.

Dr. Thelma Loubscher.

LEES OOK: Home’s burning the third tragedy for troubled family

Die nasionale presidente, Coreen King, het vanjaar ook besluit om by elke gebiedskonferensie ‘n omgeevroutoekenning in te stel vir ‘n dame wat uitstaande diens aan die gemeenskap verrig. Ter plaatse was dit geen verrassing dat hierdie eer Almarie van Rooyen te beurt geval het nie. Sy was oorbluf.

Van Rooyen het aan Laevelder vertel dat sy al vir 38 jaar ‘n lid van die organisasie is. Na skool het sy nie verder studeer nie weens haar disleksie, maar het baie deur die Dameskring geleer. Op die dag het Natascha C die vermaak verskaf soos net sy kan, en dr. Thelma Loubscher van Barberton was die gasspreker.

Sy het verduidelik dat die duiwel se KOS waarmee hy jou dameswees steel, kritiek, oordaad en skinder is. Sy het ook gedeel hoe sy in haar praktyk ervaar hoe angs onder kinders aan’t toeneem is, asook in haar lewe soos sy ouer word.

LEES OOK: ‘Enough is enough,’ says Barberton Mines boss

Louisa Lubbe en Almarie van Rooyen.

Loubscher definieer vrees as om buite beheer te wees. Haar raad is om nie vrees te ontken nie, maar dit oor te gee of af te laai – aan God wat altyd in beheer is. Die dames het heelhartig saamgeknik en haar bedank vir die inspirasie voor hulle ‘n heerlike middagete saam geniet het.

Om ook by die Dameskring betrokke te raak, besoek dameskring.co.za vir meer inligting, of kontak [email protected]

All rights and copyright belongs to author:
Themes
ICO