logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo logo
star Bookmark: Tag Tag Tag Tag Tag
South Africa

KYK: Ryno transformeer Elizmarie met meesterlike kwashale

MBOMBELA – Dié bekende grimeerkunstenaar, Ryno van Makeup by Ryno, het verlede Saterdag ‘n meesterklas by Communio Kerk aangebied.

Ryno het oorsee opleiding ontvang by niemand anders as Kim Kardashian se persoonlike grimeerkunstenaar, Mario Dedivanovic.

Op die dag het hy Elizmarie Strydom van Witrivier as die model gebruik waarop hy sy truuks gedemonstreer het.

Elizmarie voor die tyd.Hy het haar in die vier ure omtower in ‘n gedaante wat maar op ‘n glansvoorblad mag pryk.

Halfpad daar.

Vir Ryno is wenkbroue baie belangrik, omdat dit ‘n mens se gesig omraam. Prominente wenkbroue is tans ook hoogmode.

SIEN OOK: Langasem neem elke tree om siekes te help

Hy het gemaan teen die aanwend van permanente, vals oogwimpers en die kuns van kontoergrimering geïllustreer.

Hy het ook die groot geheim verklap van die verskil tussen grimering vir die sterre en dié van gewone mense: verligting van die vel onder die oë.

Klaar.

Plaaslike skoonheidsterapeute Cindy Pienaar en Veronica Wessels van Straten het die dag help moontlik maak.

Cindy Pienaar.

Buiten die wenke en nuwe insig, is elkeen met geskenkpakkies bederf en ‘n paar is vort met nog wonderlike geskenke van die dag se vrygewige borge.

Dit was omtrent ‘n bederf.

LEES OOK: Kalender werk na 5 000 jaar nog kliphard

  AUTHOR

Mireille de Villiers

Journalist

All rights and copyright belongs to author:
Themes
ICO