South Africa

Nog geen geregtigheid na die dood van Kabous

Volgens die polisie is daar nog niemand in hegtenis geneem in verband met Edward (Kabous) Goetze se dood nie.

Volgens Tershia, Edward se ma, kry hulle nie ‘n verduideliking oor hulle seun se dood by die polisie nie.

ALSO READ: Barberton protesters in no mood to give up

Hulle seun se noodlottige ongeluk het op 12 Julie plaasgevind en die familie wag steeds vir die saak om in die hof te verskyn.

Die ongeluk het op die Hermansburgpad tussen twee bakkies plaasgevind. Die familie soek antwoorde en wil net hê geregtigheid moet geskied vir haar seun se dood.

Die saak sloer al vir sewe maande en Tershia het self ondersoek ingestel deur ‘n forensiese ondersoeker aan te stel om uit te vind wat gebeur het.

ALSO READ: Jongman sterf in motorongeluk

Hulle het bevind dat die forensiese foto’s wat daardie aand geneem was nog nie vrygestel is nie, dus kon die hofsaak nie voortgaan nie.

Die forensiese ondersoeker het ‘n verslag van daardie aand saamgestel en die Goetze-gesin laat weet wat gebeur het. Daar is immers niks vordering met die saak nie.

“Ons het nie berusting na ons seun se dood nie. Ek wil net hê die mense wat die oorsaak was moet boet vir wat hulle gedoen het,” sê Tershia.

“Oor iemand anders se foute moes my seun sy lewe verloor en daar kom niks daarvan nie.”

Edward se ouers het daardie aand by die ongelukstoneel aangekom en moes toekyk hoe die suurstofmasker van hulle seun afgehaal word.

  AUTHOR

Anmané Eckard

Journalist